Full screen

Share

Want to make interactive content? It’s easy in Genially!

Intensiewe vorme met voorbeelde

Over 30 million people build interactive content in Genially.

Check out what others have designed:

Transcript

Intensiewe vorme word dikwels gevorm deur die volgende konstruksies Woordsoortelike korrelateVoorbeeld(i) Byvoeglike naamwoord (b.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.)blinknuut, blinkvet, dolbly(ii) Selfstandige naamwoord (s.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.)kniediep, toringhoog, fluweelsag, koeëlrond, glashelder, snaarstyf, asvaal, koolswart, broodnodig, moddervet, sopnat(iii) Werkwoord (ww.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.)skreeupers, skokpienk, troetelsag, stikwarm, gloeiwarmNietemin kan niks in die skrywer se pad staan om met digterlike vryheid eie intensiewe vorme te skep wat alle reëls oorskry nie, soos:

  • Witwarm-bloedstollend-dring-in-sy-vleis-seer - Uit: Ballade vir 'n Enkeling, 2014
Hoewel aangevoer word dat intensiewe vorme van die adjektief normaalweg geen graadtrappe het nie (soos beeldskoon, waarvan *beeldskoner en *beeldskoonste onmoontlik is), is daar wel by plankdun, spierwit en stokoud slegs die stellende en oortreffende trap aangeteken: plankdun – plankdunstespierwit – spierwitstestokoud – stokoudsteGewoonlik is daar nie 'n vergelykender trap nie: pikswart – pikswartstehoringoud – horingoudstegoudgeel – goudgeelsteGedeeltelike reduplikasie is ook moontlik, solank 'n koppelteken toegevoeg word: Hy is hond-hondmak.Die grond is klip-kliphard.Die sakeman is skat-skatryk.Hy is spier-spierwit en sy oë is so groot soos pierings gerek.Soms word die intensiewe vorm selfs verder intensiveer met die aanvangskomponent morsdood- of ander verbindings: morsdood + moeg → morsdoodmoegmorsdoodbang, morsdoodgedaan, morsdoodsiek, morsdoodstil, morsdoodverlief en morsdoodvervelig is verdere voorbeeldeblind + helderverlig → blindhelderverlig

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad en word dus gebruik om ‘n byvoeglike naamwoord te versterk.‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken.In Afrikaans skryf ons intensiewe vorme altyd vas (as een woord).